Vrydag 5 November

Handelinge 9:3-6
Toe hy op reis naby Damaskus kom, het daar skielik 'n lig uit die hemel op hom gestraal. Hy het op die grond neergeval en 'n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” “Wie is U, Here?” vra hy toe.
“Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dit is vir My wat jy vervolg. Maar staan op en gaan na die stad toe. Daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen.”
‭‭
Om oor te gesels en dink:
Saulus, later Pauus wat nuwe gemeentes gestig het en briewe vir dié gemeentes geskryf het (briewe wat ons vandag nog lees) het in Jesus vasgeloop. 'n Ongelooflike moment in sy lewe, 'n omkeermoment. Ons het die week se dagstukkies begin deur bewus te word van die een melaatse man wat Jesus erken het en omdat hy in Jesus vasgeloop het, was hy dankbaar. Mens sou kon wonder oor Paulus se hele lewe nadat hy in Jesus vasgeloop het. Sy hele lewe kan as 'n lewe van dankbaarheid beskou word.

Neem 'n oomblik van stilte.

  • In watter tye in jou lewe kan jy dalk duideliker onthou hoe jy Jesus 'raakgeloop het'?
  • Begin jy dalk hierdie week met 'n nuwe ontdekkingsreis oor hoe ons geloofslewe lyk vanuit dankbaarheid?
  • Watter oproep beleef jy om uit dankbaarheid te doen? Paulus het letterlik sy hele lewe en alles wat hy besit uit dankbaarheid gegee.

Gebed
Deel vanoggend met God dit wat nog vir jou moeilik is of terughou om 'n lewe in oorgawe en dankbaarheid te leef. Dank God dat ons juis omdat die Here ons elke dag 'raakloop', maar ook omdat ons verloste mense is, juis ons lewe in totale oorgawe aan God oorgee en daarom uit dankbaarheid leef. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika