Psalm 34:9
“Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil.”
Om oor te gesels en te dink
Ons dink saam na dankbaarheid en die Here se goedheid. Dit gaan nie net oor wat die Here doen nie, maar oor Wie Hy is. Hy is goed.
Elkeen van ons ervaar dit verskillend, maar die Here se goedheid is nie iets wat ons net vir onsself kan hou nie. Dit moet deurvloei na ander mense toe. Soos water wat vloei, moet ons dit deel. Ons kan ook net deel wat ons het. Die Afr2020 vertaal hierdie vers: “Beproef dit en ervaar: Die Here is goed, gelukkig is die mens wat by Hom skuil.” Ons kies om die Here se goedheid te ervaar. Ons kies om by Hom te skuil. Ons kies om Hom te vertrou. Die Here stel nie teleur nie.
Hierdie vers is ook ’n uitnodiging dat ons nie sonder die Here kan leef nie.
Gebed
Here, mag ek vandag U goedheid ervaar. Ek kom skuil by U. Ek kom vertrou U vir vandag. Ek het U lief. Amen.