Vrydag 7 April 2023

Vrydag, 7 April 2023

Lukas 23:1-47
1Daarna het die hele vergadering opgestaan en Jesus na Pilatus toe gebring. 2Daar het hulle die aanklag teen Hom begin deur te sê: “Ons het bevind dat hierdie man ons volk ophits: hy belet hulle om aan die keiser belasting te betaal en beweer dat hy die Christus, die koning, is.” 3Pilatus vra Hom toe: “Is jy die koning van die Jode?” Hy antwoord hom: “Dit is soos u sê.” 4Daarop sê Pilatus vir die priesterhoofde en die skare: “Ek vind geen skuld in hierdie man nie.” 5Maar hulle het sterker aangedring en gesê: “Die hele Joodse land deur stook hy die volk op met sy leer. Hy het van Galilea af begin en tot hier daarmee gekom.” 6Toe Pilatus dit hoor, vra hy of die man dan 'n Galileër is. 7Nadat hy te wete gekom het dat Jesus uit die magsgebied van Herodes afkomstig was, het hy Hom na Herodes toe gestuur, wat juis in daardie tyd self in Jerusalem was. 8Herodes was baie bly om Jesus te sien. Omdat hy soveel van Hom gehoor het, het hy al 'n geruime tyd die begeerte gehad om Hom te sien. Hy het ook gehoop om Hom een of ander wonderwerk te sien doen. 9Hy het allerlei vrae aan Hom gestel, maar Jesus het hom niks geantwoord nie. 10Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes het Hom heftig gestaan en beskuldig. 11Herodes en sy soldate het Hom toe met veragting behandel. Hy het Hom 'n deftige kleed laat omhang, met Hom die spot gedryf en Hom daarna na Pilatus toe teruggestuur. 12Op daardie dag het Herodes en Pilatus vriende geword. Voorheen was daar kwaaivriendskap tussen hulle. (Lees die res van die gedeelte in jou Bybel.)

rou VRAE:

  • Jesus se liefde het Hom tot aan die kruis gelei. Jesus se liefde veroorsaak dat mense wat voorheen vyande was, vriendskappe kan laat vorm. Jesus se liefde verander lewens. Jesus se liefde veroorsaak genesing, heling, wonderwerke en heelheid.
  • Watter tipe liefde het Jesus aan die kruis vir jou geopenbaar?
  • Watter tipe liefde beleef jy elke dag?
  • Watter tipe liefde gee jy elke dag?
  • Hoe kan jou liefde meer lyk soos Jesus se liefde? Hoe moet God jou verander om dit te kan gee?

rou OEFENING:

  • Deel vandag met die mense wie jy liefhet, hoe jy oor hulle voel. Gebruik jou woorde en jou dade.

rou GEBED:
Here, trek my nader aan die kruis vandag. Lat my vandag daar staan om U liefde te beleef. Laat my vandag die gewig van die kruis voel. Here, U teenstaanders het gedink hulle kon U stop met die kruis, dat U magteloos sou wees. Here, U gebruik die kruis om te oorwin en wys hoe U liefde werklik lyk. Here, wys vir my die waarheid van wat by die kruis gebeur het.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika