Lukas 5:12-16
12Eendag toe Jesus in een van die dorpe was, kom Hy 'n man teë wat oortrek was van die melaatsheid. Toe die man Hom sien, val hy op sy knieë voor Hom en smeek: “Here, as U wil, kan U my gesond maak.” 13Jesus steek sy hand uit, raak hom aan en sê: “Ek wil. Word gesond!” En sy melaatsheid was onmiddellik weg. 14Toe gee Jesus hom opdrag: “Moet dit aan niemand vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester en bring offers vir jou reiniging soos Moses voorgeskryf het. Dit sal vir die mense die bewys wees dat jy rein geword het.” 15Tog het die nuus oor Hom nog verder versprei, en groot menigtes het saamgedrom om na Hom te luister en van hulle siektes genees te word. 16Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid.
Om oor te gesels of te dink:
Gebed:
Here, ek bid vandag vir meer deernis.
Here, ek bid vandag vir meer liefde.
Here, ek bid vandag vir meer genade.
Amen.