Vrydag 7 Mei

Matteus 13:44-46

44 “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met ’n skat wat in ’n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land.
45 “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met ’n handelaar wat op soek is na goeie pêrels. 46 As hy ’n baie waardevolle pêrel raakloop, gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop die pêrel. (Mat 13:44-46)

Om oor gesels
In hierdie twee gelykenissse verduidelik Jesus hoe kosbaar die koninkryk is. Soos ’n skat of pêrel wat jy ontdek, sal jy alles doen om dit in die hande te kry. So behoort ons ook die koninkryk te dink - wanneer ons agter Jesus aan stap en deel van Sy koninkryk word, is dit soos ’n waardevolle skat wat ons hele lewe verander en bepaal. Om die vreugde van die koninkryk te ontdek, oortref alles. Omdat dit so waardevol is, moet ons dit koester en oppas.
Laat ons aanhou om God se koninkryk te soek, soos Mat. 6:33 ons herinner: “beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Gebed
Here, dankie dat ek die skat van die koninkryk kon ontdek. Help my om U koninkryk soos ’n skat te koester en U altyd bo alles stel. Mag ek vandag hierdie vreugde met iemand deel. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika