Matteus 5:48
“Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.” (Mat. 5:48 AFR83)
Om oor te gesels:
Terwyl Jesus met die Bergrede besig is, sê Hy dat ons amper hierdie vreemde woorde: ons moet ook volmaak wees. Ons eerste reaksie is dat dit nie moontlik is nie en daarom gaan ons nie eers probeer nie.
Die Boodskap vertaling help ons om hierdie vers beter te verstaan:
“Julle moet soos julle hemelse Vader wees. Hy het almal hier op die aarde lief. As julle ook vol liefde en respek optree teenoor almal met wie julle te doen kry, doen julle presies wat die wet van julle vra. Dan stap julle in julle hemelse Vader se voetspore. Dan is julle net soos Hy!” (Mat. 5:48 DB)
Soos ‘n kind ‘n ouer gelukkig wil maak, so maak ons die Vader se hart bly, wanneer ons doen wat Hy van ons vra. Hoe meer ons dit doen, hoe makliker word dit. Ons doen dit uit liefde vir Hom en nie uit vrees nie.
Gebed
Here, dankie dat U volmaak is. Dankie dat U vir my lief is. Ek wil graag in U voetspore stap. Help my om vandag te doen wat U van my vra. Amen.