Vrydag 9 Desember 2022

Matteus 1:24-25
“Toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het en met haar getrou. Hy het egter nie met haar omgang gehad voordat sy haar Seun in die wêreld gebring het nie. En Josef het Hom Jesus genoem.”

Om oor te gesels en dink
Nadat Josef die grootste nuus ontvang het, het hy in gehoorsaamheid gedoen wat die engel van hom gevra het. Hy het hom nie gesteur aan wat mense sou sê nie. Hy was getrou en gehoorsaam. Mens wonder wat alles deur Josef se kop moes gaan. Hier is hy as gewone mens deur die Here uitgekies om deel van God se familiegeskiedenis te wees. Meer nog, Josef het gedoen wat van hom gevra is en Hom Jesus genoem.
Ons weet dat naamgewing baie belangrik was. Josef kies nie self die naam nie, maar in gehoorsaamheid noem hy Hom Jesus.
Josef se volkome vertroue op God en sy gehoorsaamheid spoor ons aan om ook steeds God met ons lewens te vertrou.
Josef het gehoor dat die engel vir hom sê om nie bang te wees nie (1:20). Hy het vertrou dat Jesus werklik Immanuel sou wees - God met ons.

Gebed
Here, dankie dat U gewone mense gebruik. Ek wil ook soos Josef in gehoorsaamheid reageer en U vertrou. Mag ek vandag U teenwoordigheid beleef. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika