Vrydag 9 Oktober

Psalm 130

'n Pelgrimslied. Uit die dieptes roep ek na U, Here, luister tog na my, Here, hoor tog my hulpgeroep.
As U ons sondes in aanmerking sou neem, Here, wie sou dan nog bestaan? Maar by U ís daar vergifnis: daarom word U steeds gedien. Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord. Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die môre.” (Psalm 130:1-6‬ ‭AFR83‬‬)

Om oor te dink en gesels

  • Hierdie Psalm herinner ons dat die Here ons hulpgeroep hoor, al voel dit soms nie so nie.
  • God se vergifnis stel ons in staat om voor die Here te verskyn en in verhouding met Hom te leef. God reken ons dit nie toe nie (vergelyk Psalm 51)
  • Daarom kan ons Hom vertrou en op Hom wag. Dis egter moeilik om te wag. Ons wil alles dadelik laat gebeur en ook soos ons dit wil hê. Ons word aangemoedig om te wag.
  • Waarvoor wag jy op die Here?
  • Waarvoor vertrou jy die Here?
  • Aan watter beloftes in Sy woord hou jy vas?

Gebed
Here, ek wil leer om te wag op U en U te vertrou. Mag U woord in vervulling gaan. Ek hou vas aan U woord. Ek wag op U…
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika