Johannes 16:33
33Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”
rou VRAE:
- Hierdie een eenvoudige vers neem alles saam. Soos God vir Joshua gesê het, “Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.” God beloof nie ‘n wêreld of lewe vry van moeilike omstandighede nie. Eerder herinner God ons aan wie Hy is (die een wat teenwoordig is) en aan wie ons is (die mense wie God die moed gee om op Hom te vertrou). God los ons nie in swaar en uitdagende omstandighede nie. Hy is saam met ons daar en Hy voorsien wat ons benodig, die moed om weer voort te gaan.
- Staan terug van die moeilike saak/omstandighede wat jy weet jy moet aanpak. Wat het die Here reeds vir jou voorsien om hierdie saak/omstandighede aan te pak?
- Wat is die eerste stap wat jy moet neem om hierdie saak/omstandighede aan te pak? Waarvoor moet jy vir die Here vra?
- Wat keer jou om hierdie saak/omstandighede aan te pak? Deel jou hart met die Here.
rou OEFENING:
- Beplan die moeilike saak/situasie in jou dagboek vir hierdie week. Dag 1 erken net dat dit vir jou baie moeilik is. Dag 2 erken dat jy die saak/situasie wil wegdruk en vermy. Dag 3 neem die eerste tree om die saak/situasie aan te pak.
rou GEBED:
Here, ek wil die tipe mens wees wat nie moeilike sake/situasies vermy nie. Gee asb. vir my die waagmoed vandag, om te spreek of doen wat nodig is. Gee vir my U wysheid en gee my vrede wat alle verstand te bowe gaan wanneer ek bang is.
Amen