Woensdag 1 September

PSALM 118
Die Here doen kragtige dade
1 Loof die Here, want Hy is goed,
aan sy liefde is daar geen einde nie!
2 Israel moet getuig:
“Aan sy liefde is daar geen einde nie.”
3 Die huis van Aäron moet getuig:
“Aan sy liefde is daar geen einde nie.”
4 Dié wat die Here dien, moet getuig:
“Aan sy liefde is daar geen einde nie.”
5 In my nood het ek na die Here geroep,
die Here het my gebed verhoor en my bevry.
6 Die Here is by my, ek ken geen vrees nie;
wat kan 'n mens aan my doen?

Om oor te dink:
Deel van gebed is om die Here te loof vir sy kragtige dade! Wat het God onlangs in jou lewe gedoen? Of moontlik 'n gebed beantwoord? Loof die Here, want hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie. Mag ons huishoudings ook getuig! Probeer vandag om hierdie gebed deurlopende in jou gedagtes te hou. En selfs moontlik met iemand te deel hoe God onlangs iets vir jou gedoen het of 'n gebed verhoor het.

Gebed
Here, ons Here. Dankie vir u wonderdade.
Vir die beantwoording van ons gebede.
Vir U teenwoordigheid in ons lewe.
Aan u liefde is daar geen einde!
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika