Lukas 11:7
En die ander antwoord van binne af: ‘Moet my nie lastig val nie! Die deur is al gesluit, en ek en my kinders is al in die bed. Ek kan nie opstaan om dit vir jou te gee nie …’
Om oor te gesels of te dink:
Alhoewel die eer en skaamte van die hele dorp op die spel is, gee hierdie buurman verskonings. Verskonings oor hoekom hy nie kan help nie. Maar eintlik klink dit net of hierdie buurman nie wil help nie en dat sy verskonings moontlik flou is. Hy kyk dalk ook eerder uit vir sy huishouding se oorlewing as om te help om 'n ander gasvry te ontvang.
Watter verskonings leef in jou hart? Verskonings wat maak dat jy dalk nie by die breër gemeenskap help om belangrike waardes te onderhou nie? In hierdie teks word ons eintlik met ons eie flou verskonings gekonfronteer. Watter waardes dink jy is belangrik vir ons geloofsgemeenskap en leefwêreld?
Gebed:
Here, watter waardes het ek van vergeet? Of is dalk nie meer vir my belangrik nie, maar in U oë en vir die breë gemeenskap is dit uiters belangrik? Heilige Gees, werk met my hierdie week om raak te sien waar ek dit beter kan uitleef en kan help. Amen.