Woensdag 14 Junie 2023

1 Korintiërs 13:1-3
Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword. Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.

Om oor te gesels en te dink
Paulus herinner ons dat die toets van alles wat ons doen, die liefde is. Maak nie saak watter gawe ons het nie, as ons dit nie met liefde doen nie, beteken dit niks. Liefde in aksie maak die verskil. Jou gawe kan net vir iemand iets beteken as jy dit met liefde inoefen. Paulus noem drie gawes wat nutteloos sou wees, as dit nie met liefde gedoen word nie. Dien jy met jou gawes in liefde? Wie het jou liefde nodig? Wie kan jy dien met liefde?

Gebed
Here, ek wil graag in oefening bly om alles met liefde te doen. Help my om my gawes met liefde en uit liefde te deel. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika