Woensdag, 16 Junie

Deernis – Ontdek jou vooroordele.

Jakobus 2:1-4
1My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie. 2Sê nou daar kom in julle samekoms 'n man in met goue ringe aan sy vingers en met deftige klere aan en daar kom ook 'n brandarm man in met ou klere aan, 3en sê nou julle maak 'n ophef van die man met die deftige klere en julle sê vir hom: “Kom sit u hier gemaklik,” maar vir die arm man sê julle: “Gaan staan jy daar anderkant” of: “Kom sit hier by my voete,” 4het julle dan nie onder mekaar onderskeid gemaak en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie?

Om oor te gesels of te dink:

  • Een van die grootste uitdagings van deernis is vooroordele. Hoe nader ons aan die Here leef hoe meer bewus word ons daarvan dat daar werklik nie plek is vir vooroordele in ons lewens nie. Is daar enige vooroordele in jou lewe? Voel jy veilig genoeg om iemand wat jy in jou lewe vertrou te vra of hulle dink jy het ‘n vooroordeel oor iemand? Is jy bereid om tyd saam met die Here te spandeer en te vra of Hy vir jou wil wys of daar ‘n vooroordeel in jou lewe is waarvan jy dalk nie bewus is nie?
  • Vooroordele kom in soveel verskillende vorms. Die groot vooroordele is die van ras, klas, status, taal, geslag, opvoeding, ouderdom en godsdiens. Meer subtiele vooroordele is die werk wat iemand doen, die plek waar iemand bly, die kar wat iemand ry, die denominasie waar iemand kerk gaan, die grootte klere nommer wat iemand dra, die skool waar iemand se kinders opgevoed word, die sonde wat iemand gepleeg het, die belangstellings waarmee iemand hulleself besig hou of lewens keuses wat mense vir hulleself maak waarmee jy nie saamstem nie. Is daar enige van hierdie wat iets by jou wakker maak? Is daar enige van hierdie wat jy met die Here oor wil gesels?
  • Stel jouself voor jy is skielik in die posisie om die een te wees wat baie gewig aan te sit, of te moet vra vir finansiële hulp, of emosioneel onstabiel genoeg te wees om sielkundige hulp te moet soek, of kinders het wat in moeilikheid met die reg gekom het, of in versoeking gekom het by die werk om geld te verduister of nou die werk van ‘n petroljoggie moet doen. Is daar enige iets van enige van hierdie omstandighede wat jou ongemaklik laat? Waarom? Deel met die Here jou hart.
  • Beoordeel jy ander of het jy vooroordele oor ander? Hoe help dit jou met deernis? Wees eerlik met die Here en vra Hom om vir jou te wys indien daar iets is wat jy nie sien nie.

Gebed:
Liewe Heer,
God, leer ons om te sien op die manier hoe ander mense ook die wêreld sien. Om te verstaan hoe my werklikheid en ander se werklikheid verskil. En tog as mense het ons basies dieselfde begeertes.
Leer ons om te luister na die gevoelens en ander punte wat ons aan mekaar verbind.
Leer ons om nuuskierig te wees en oop te wees vir dit waarop ons verskil.
Leer ons om in gebrokenheid lief te hê, om ruimte te gee vir mekaar en om geduldig te wees vir U genesende krag.
Laat ons sterk genoeg wees om kwesbaarheid te wees, om gemaklik te weet met dit wat ons nie weet nie, om blootgestel te wees aan die minder as perfekte gedeeltes in ons en ander voor ons.
Gee ons moed om oordeel, bespotting en haat in die gesig te staar omdat ons U volg.
Laat ons goeie mense wees wat U ons goeie God dien. Mag ons U goedheid reflekteer en U beeld uit dra.
Gee ons die krag, God, om empatie te bly voel, selfs as ons moeg en gebroke is. Help ons om ander met deernis te hanteer. Laat ons net met antwoorde en oplossings na mense kom nie, maar dat ons vir mense vra wat hulle nodig het wanneer ons hulle wil dien.
Here, mag U die empatie voel wanneer ons met U mense handel.
Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika