Lukas 1 :46-55
En Maria het gesê:
“Ek besing die grootheid van die Here,
ek juig oor God, my Verlosser,
omdat Hy na my
in my geringheid omgesien het.
Kyk, van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem,
omdat Hy wat magtig is,
groot dinge aan my gedoen het.
Heilig is sy Naam!
Hy bewys ontferming
van geslag tot geslag
aan dié wat Hom eer.
Kragtige dade het Hy met sy arm verrig:
hoogmoediges in hulle eiewaan
het Hy uitmekaargejaag;
maghebbers het Hy van trone afgeruk en geringes verhoog;
behoeftiges het Hy oorlaai met goeie gawes
en rykes met leë hande weggestuur.
Sy dienaar Israel het Hy te hulp gekom
deur te dink aan sy beloftes van ontferming
soos Hy dit toegesê het aan ons voorvaders,
aan Abraham en sy nageslag
tot in ewigheid.”
Om oor te gesels of te dink:
Maria het ook 'n loflied gesing! Maria ontvang ook 'n geskenk van God en die voorreg om Jesus se ma te wees. Maar sy het nie daarvoor gevra nie. Dit kon groot verleentheid en moeilikheid in haar lewe veroorsaak het. En sy ontdek dié gawe en voorreg. Haar lied klink soorgelyk aan die van Hanna. En sy sing ook oor geregtigheid en eintlik dit wat Jesus se bediening gaan wees.
Neem 'n oomblik van stilte.
God werk op maniere wat ons nie altyd verstaan nie. Maar geregtigheid is altyd deel van God se plan.
Gebed:
Bid vanoggend vir mense wat geregtigheid nodig het. Vra God dat dié mense diep bewus sal wees van die Here se teenwoordigheid. En indien jy al iets ontvang het waarvoor jy nie gevra het nie, neem nou 'n oomblik om die Here te dank daarvoor.