Woensdag 19 Oktober 2022

Romeine 12:3
Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.

Om oor te gesels en dink
Paulus roep ons op om anders as die wêreld om ons te wees. Ons moenie meer van onsself moet dink nie. Anders gestel moet ons minder aan onsself dink en eerder aan die mense om ons dink. Ons moet nederig wees. Die Boodskap vertaal hierdie vers: “Onthou dat julle geloof ’n geskenk uit God se hand is. Wees dankbaar vir die geloof wat julle wel van Hom ontvang het. En hou op om julle met ander te vergelyk.
Wanneer ons denke deur die Heilige Gees vernuwe word, kan ons fokus op dit wat belangrik is. Ons kan ’n lewe van dankbaarheid lei. Ons moet nie toelaat om dit wat ons het, te mis, omdat ons dit met ander vergelyk nie. Deel vandag met iemand wat jou geloof vir jou beteken. Sê vir die Here dankie vir sy genade vir vandag.

Gebed
Here, ek wil graag meer op U en ander fokus. Dankie vir die gawe van geloof. Help my om nederig te wees en my nie met ander te vergelyk nie. Dankie vir alles wat U vir my gee. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika