Matteus 1:18-23 (fokus vers 22-23)
18Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus. Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom. 19Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. 20Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. 21Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.” 22Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet gesê het, vervul sou word: 23“Die maagd sal swanger word en 'n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.” Die naam beteken God by ons.
Om oor te gesels:
Prakties
https://www.youtube.com/watch?v=v2xwT7j1FCE
Laat elkeen in die gesin ‘n stuk papier neem en sy naam bo aan skryf. Elkeen benodig ook ‘n muntstuk. Raai waarop die muntstuk gaan val as jy hom gaan gooi. Gooi die muntstuk in die lug en kyk of hy op sy gesig of rug val. Teken aan of jy reg of verkeerd was. Kyk hoe akkuraat elkeen was. Julle kan soveel tyd neem soos julle wil.
Die wonder van die speletjie is , dat ons baie akkuraat mag wees, tog steeds nie elke raaiskoot reg is nie. Maar met God se profesieë was nie net raaiskote nie. Elkeen van sy profesieë het waar geword. Ons kan daarop vertrou. Anders as ons eie raaiskote.
Gebed:
Father,
I abandon myself into your hands;
do with me what you will.
Whatever you may do, I thank you:
I am ready for all, I accept all.
Let only your will be done in me,
and in all your creatures -
I wish no more than this, O Lord.
Into your hands I commend my soul:
I offer it to you with all the love of my heart,
for I love you, Lord, and so need to give myself,
to surrender myself into your hands without reserve,
and with boundless confidence,
for you are my Father.
Amen (Charles de Foucauld, gedeel deur Jan Venter)