Woensdag 2 Februarie

Jeremia 1:4-10
4Die woord van die Here het tot my gekom: 5Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.
6“Ag, Here my God,” het ek geantwoord, “ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.”
7Toe sê die Here vir my: Jy moenie sê: “Ek is te jonk” nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê. 8Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, Ek sal jou red. Dit is wat die Here gesê het.
9Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraak en vir my gesê: Ek het nou my woorde in jou mond gelê.
10Kyk, Ek stel jou vandag aan oor nasies en oor koninkryke om af te breek en uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, te bou en te vestig.

Om oor te gesels of te dink:

  • Ons sien in die gedeelte van Jeremia dat God met hom praat. Wanneer God hom roep is daar ‘n gesprek. Dit is nie ‘n opdrag wat net uitgevoer moet word nie. Daar is geleentheid om jou hart te deel met die Here. Jou kommer en jou vrees te deel. Jou hart voor die Here neer te sit en eerlik te mag wees. Jeremia kry geleentheid om eerlik, broos en oorweldig voor die Here te kan staan. Dit is die wonder van gebed. Hoe lyk jou gebed? Is dit ook so weerloos en eerlik? Waarom of waarom nie? Is daar enige iets wat jou keer om meer te deel?
  • Wanneer Jeremia eerlik sy bekommernisse deel, spreek God sy bekommernisse aan en bemagtig hom. God neem die swakhede weg en versterk. Is daar geleenthede waar jy gedink het jy het swakhede, waar God jou eintlik kom wys het, dit is presies wat Hy nodig het om te wys hoe groot Hy is?
  • Waar in jou lewe kan jy tekens sien dat God juis jou gebruik omdat jy, jy is? Hoe is jy voorberei, toegerus en gelei om die situasies in jou lewe, die mense in jou lewe en die werk van die Here te kan doen wat jy nou kan doen?

Gebed:
Here help ons om gestalte te gee aan U liefde en aan U liggaam, sodat hulle vir Jesus Christus, die lewendige God in ons lewens kan sien.
In Jesus naam.
Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika