Genade is ‘n gawe
Efesiërs 2:8-10
“8Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God. 9Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie. 10Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.”
Om oor te gesels en dink:
Wat maak jy met hierdie genade gawe wat jy as geskenk ontvang het?
Wat kan jy vandag doen om met iemand hierdie genade wat jy ontvang het, te deel? Maak kontak met iemand en vra waarmee jy kan help.
Gebed
Here God, ek aanbid U vandag omdat U altyd daar is. U genade is elke dag nuut. U skenk my geloof en genade. Dankie vir U genade ook vir vandag. Mag ek vandag hierdie geskenk van genade met iemand deel. Dankie vir U goedheid! Dankie vir U liefde.
Amen.