Woensdag 21 Junie 2023

1 Korintiërs 9:24-25
Weet julle nie dat atlete wat aan ‘n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan ‘n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om ‘n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ‘n onverganklike.

Om oor te gesels en te dink
Paulus gebruik ‘n bekende beeld van sy tyd om ons geestelike lewe met ‘n wedloop te vergelyk. Ons almal is deel van die wedloop en is ons op pad om die onverganklike kroon te ontvang. Dit is nodig om sekere keuses te maak, sodat jy die eindstreep kan bereik. Dit is nie altyd maklik om vir die regte dinge te kies nie, maar wanneer ons weet waarnatoe ons op pad is, kan ons dit doen. Geloofsgewoontes soos omgee, sorg, gebed en tyd met God se Woord help ons om in die wedloop te bly.

  • Watter keuses maak jy om jouself geestelik te oefen?
  • Is daar dinge wat jy kies om te doen of nie te doen nie, op jou geestelike reis?

Gebed
Here, ek sien uit na die onverganklike kroon. Ek kies vandag om te fokus op dit wat vir U belangrik is. Help my in my lewenswedloop. Amen.

Nog om na te kyk

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram