Matteus 6:31-32
“Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.”
Om oor te gesels en dink
Jesus sê dat as ons enigste fokus op dit wat ons eet en drink en klere is, is ons nie anders as ongelowiges nie. Dit beteken nie dat ons nie moet dink oor wat ons eet en drink nie, maar dit kan nie ons enigste fokus wees nie. Ons is dan soos ongelowiges wat God buite rekening laat.
Die belofte wat Jesus gee is dat ons hemelse Vader weet wat ons nodig het. Ons kan dit vir Hom sê. Soos wat hy vir die voëls en veldlelies sorg, sorg Hy ook vir ons.
*Waaroor bekommer jy jou onnodig?
*Is jy ook soms soos ’n ongelowige?
*Watter behoeftes wil jy vir die Here gee?
Gebed
Here Jesus, dankie vir die troos dat U weet wat ek nodig het. Soms vergeet ek dit en bekommer ek my onnodig. Help my om U meer te vertrou. Amen.