Woensdag, 23 Junie

Soek Geregtigheid – Ons hoef nie oor alles te kommer nie.

Matteus 6:31-33
31“Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. 32Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. 33Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Om oor te gesels of te dink:

  • Ons het nou gesê Geregtigheid is om die regte ding te wil doen en te weet wat dit is. Vandag praat ons daaroor dat ons nie bekommerd hoef te wees oor alles in die lewe nie want ons Vader ken ons. Hy weet wat ons benodig. En omdat ons Sy Koninkryk eers soek, want ons weet dat dit die regte ding is om te doen, sal God ook vir ons gee wat ons nodig het, en daarom hoef ons nie bekommer te wees nie.
  • Dink terug na vandag en die afgelope week. Waaroor is jy gereeld bekommer? Wat is gereeld in jou gedagtes? Deel jou hart met die Here?
  • Glo jy werklik dat God vir jou lief is? Glo jy dat Hy werklik vir jou sorg? Glo jy werklik dat vir jou kan gee wat jy benodig? Deel jou hart met die Here.
  • Waarom dink jy kan jy veilig voel dat God weet wat jy nodig het, in jou soek na geregtigheid? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Liewe Heer,
Heilige God. U liefde is buitengewoon, stewig en onveranderd. U liefde is sonder einde, passievol en verstommend. Ons is so dankbaar vir U opoffering in Jesus. Dankie vir die manier waarop Jesus ons herstel en restoureer het sodat ons weer in die regte verhouding met U kan staan. Here, ons erken dat ons hierdie geskenk as vanselfsprekend aanvaar. Ons mis hoe kosbaar en besonders dit is. Ons leef soms soos mense wat nie herstel en vernuwe is nie. Vergewe asseblief ons sondigheid. Here maak ons skoon. Herstel ons. Steek ons harte weer aan die brand, om met passie vir U te leef. Here, ons vra dit nederig in Jesus naam, en die krag van die Heilige Gees.
Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika