Woensdag 23 Maart 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
"In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” (Genesis 1:1-3)

Identifiseer:
Die wêreld is vol donkerte – plekke waar mense seerkry en mekaar seermaak. Jesus het mens geword vir hierdie (stukkende) wêreld. Hy is die Lig.

Oriënteer:
As ons die liggaam van Christus word, dan laat Jesus sy lig deur ons skyn. Lig wat deur ons gebring word in 'n stukkende en seer wêreld.

Bely:
Here, ons glo dat U die Lig is. Die Een wat vertroosting, genesing en nuwe hoop gee. Ons glo ook dat U ons wil gebruik om hierdie verskil in ander se lewens te wees.

Bid:
Here, U is die Lig vir ons lewe. Ek wil U graag volg waar U beweeg en lig bring.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika