Woensdag 23 November 2022

Johannes 17:1-5 (1983 Vertaling)

1 Nadat Jesus dit gesê het, het Hy na die hemel toe opgekyk en gesê: “Vader, die tyd het gekom. Verheerlik u Seun, sodat die Seun U kan verheerlik. 2 U het Hom immers die volmag oor die hele mensdom gegee om aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe te gee.

Vers 2 van vandag se teks gedeelte het kragtige “dit is soos dit is” stellings in. Let op die herhaling van die woord gee in verskillende vorme. God gee volmag, God gee mense, God gee ewige lewe deur Sy Seun. Dit maak nie saak hoe jy daaroor voel of daaroor dink nie, dit is soos dit is!

God is ’n liefdevolle, vrygewige God; die Seun is ’n opofferende, gehoorsame en voetwassende Redder. Dit is soos dit is. Jesus bid in hierdie twee verse dat mense dit sal weet, sal sien, sal ervaar en sal glo! Dit is wat Hy bedoel as Hy bid en vra dat Hy verheerlik moet word. Hy bid dat mense Sy karakter en Sy gewigtige teenwoordigheid sal ervaar. Waarom bid Jesus dit? Want dit sal mense tot geloof in Hom bring, en ook vir hulle die Ewige Lewe gee.

  • Is dit iets waarvoor jy bid?
  • Aan wie kan jy dink vir wie jy kan bid dat hulle die heerlikheid van Jesus sien en ken?

Hiervoor gaan ons bid totdat Jesus terugkom! Oral om ons is daar mense wat nie in Jesus glo nie. Wanneer ons bid dat die Seun verheerlik sal word, en dat mense Sy heerlikheid sal ken gaan ons gereed wees om van die goeie nuus te getuig wanneer ons die kans het.
Dit was Jesus se gebed, en dit moet ons s’n ook wees.

“God directs his people not simply to worship but to sing his praises “before the nations.” We are called not simply to communicate the gospel to nonbelievers; we must also intentionally celebrate the gospel before them.” Tim Keller

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika