Woensdag 25 Mei 2022

Matteus 5:16
“Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”
‭‭
Om oor te gesels of dink
Die Boodskap stel hierdie vers baie prakties: “Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn. Ander mense moet uit julle woorde en dade sien dat julle God van harte dien. Dan sal hulle sê dat God regtig ’n groot en goeie God is. So word julle hemelse Vader se Naam regtig grootgemaak.”
‭‭Ons wooorde en dade maak ‘n verskil. Jesus moedig sy volgelinge aan om goeie werke te doen, sodat die Vader verheerlik kan word. Ons doen dit nie net vir mense om raak gesien te word nie, maar God se Naam groot te maak. So lewe ons ‘n getuienis wat soos lig ‘n verskil maak.
As dit voel of dit nie help om goed te doen nie, skep moed, want jy is vir iemand Jesus se lig van liefde met jou woorde en dade.

Gebed
Here Jesus, mag my lig vandag skyn. Mag ek vandag U Naam groot maak met my woorde en dade. Help my om U lig in my te reflekteer. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika