Woensdag 26 April 2023

Woensdag 26 April
Lukas 24:17-24
“Hy vra hulle toe: “Wat is dit wat julle so ernstig met mekaar loop en bespreek?” Met somber gesigte gaan hulle staan, en een van hulle, met die naam Kleopas, antwoord Hom: “Is u dan die enigste vreemdeling in Jerusalem dat u nie weet van die dinge wat in die afgelope dae daar gebeur het nie?” Hy vra vir hulle: “Watter dinge?” Hulle antwoord Hom: “Die dinge in verband met Jesus van Nasaret, 'n profeet wat magtig was in woord en daad voor God en die hele volk; en hoe ons priesterhoofde en die lede van ons Raad Hom oorgelewer het om ter dood veroordeel te word, en Hom gekruisig het. Ons het so gehoop dat dit Hy is wat Israel sou verlos. Maar boonop is dit vandag al die derde dag vandat die dinge gebeur het. En nou het 'n paar vroue uit ons kring ons ook nog ontstel. Hulle was vanmôre vroeg by die graf en kon sy liggaam nie kry nie. Hulle het kom vertel dat hulle 'n verskyning gesien het van engele wat gesê het Hy lewe. Sommige van ons mense het ook na die graf toe gegaan en dit net so gekry soos die vroue gesê het, maar Hom het hulle nie gesien nie.””
‭‭
Om oor te gesels en te dink
Jesus stap saam met die twee en vra hulle rustig waaroor hulle so ontsteld is. Hulle gaan staan stil en vra vir Jesus of Hy die enigste vreemdeling is wat die gebeure van Jesus gemis het. 
Jesus maak nie dadelik sy identiteit beken nie, maar gee geleentheid dat Kleopas-hulle vir Hom kan vertel wat hulle ervaar het. Hier sien ons hoe Jesus genadig en geduldig saam met hulle stap om hulle geleentheid te gee om tot verhaal te kom.
Jesus is nie vir hulle kwaad nie. Hy verstaan. Net so kan ons ook weet dat Jesus saam met ons stap en dat Hy vir ons geleentheid gee om ons hart met Hom te deel. Jesus luister geduldig.

  • Wat is op jou hart wat jy met Jesus wil deel?

Gebed
Here Jesus, dankie dat U saam met my stap. Al herken ek nie dadelik nie, weet ek dat ek my hart met U kan deel. Ek gee vandag vir U….
Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika