Jakobus 2:1
“My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie.”
Om oor te gesels en dink
Jakobus roep ons op om nie mense op uiterlike voorkoms te beoordeel nie. Dit is iets waarmee daardie gemeente gesukkel het en ons ook. Ons hanteer mense verskillend, veral as ons dink iemand is belangriker, ryker, mooier of meer suksesvol. Ons is dan geneig om anders op te tree. Daarteenoor kyk ons neer op mense wat ons as onbelangrik ag.
Jakobus herinner ons dat as ons in Jesus glo, ons almal wat ons pad kruis, dieselfde moet behandel. Ons kan nie tussen ryk en arm onderskei en mense verskillend hanteer nie. Jakobus 1:5 sê :“Luister, my liewe broers! Kies God nie juis dié uit wat in die oë van die wêreld arm is, om ryk te wees in die geloof en om die koninkryk in besit te neem wat Hy belowe het aan dié wat Hom liefhet nie?”
Laat ons ons nie heeltyd vergelyk en ander beoordeel nie.
Gebed
Here, ek sukkel om nie mense te beoordeel nie. Help my om almal gelyk te hanteer en so U liefde vir almal om my wys. Amen.