Prediker 5:17-18
17 Ek het ook iets gesien wat goed is: dit is aangenaam om te eet en te drink en die lewe te geniet onder al die geswoeg op hierdie wêreld. Dit kom 'n mens toe vir die hele leeftyd wat God hom skenk. 18. God gee aan 'n mens rykdom en besittings en laat hom dit geniet. God laat die mens sy deel ontvang en sy werk met vreugde doen. Dit is 'n gawe van God.
Reinhold Niebuhr brei Fransiscus se gebed om vrede uit in 1943 met 'n wêreld wat deur oorloë is en smag na vrede in gedagte. Sy gebed klink so:
God skenk my die gemoedskalmte
om dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie,
die moed om dinge te verander wat ek kan,
en die wysheid om te weet wat die verskil is.
Om een dag op 'n slag te leef, een oomblik op 'n slag te geniet
Swaarkry te aanvaar as die weg na vrede
Die sondige wêreld soos Hy gedoen het,
te aanvaar soos dit is en nie soos ek dit sou wou hê nie.
In vertroue dat Hy alles ten goede sal laat meewerk
as ek in oorgawe aan sy wil leef.
Sodat ek redelik gelukkig sal wees in hierdie lewe
en vir ewig die hoogste geluk by Hom sal ervaar.
Om waarlik vrede te ervaar… ook in tye van dood, siekte en kommer is dit ook nodig dat ons een dag op 'n slag moet leef en als moet geniet wat God ons gegee het.
Ons is soms so besig met kommer dat ons goeie tye en vele voorregte by ons laat verbygaan. Veral in tye van swaar soos nou met Covid kan ons die vreugdes wat God skenk maklik miskyk. Net die donker wolke sien en niks van die son daaragter en die silwer randjies nie.
God gee ons 'n lewe om te leef en te geniet. Leef dit en waardeer dit want dit is aan die verbygaan en dit is kort.
Om oor te dink:
Gebed
Here help my om een dag op 'n slag te leef, en een oomblik op 'n slag te geniet. Dankie dat U hierdie lewe aan my geskenk het om voluit te leef en te geniet.