Woensdag 27 Julie 2022

Woensdag 27 Julie
Nehemia 2:1-4
Dit was in die maand Nisan, die twintigste jaar van koning Artasasta. Die wyn was voor hom, en ek moes dit optel en aan hom gee. Ek was nooit bedruk voor hom nie, maar dié dag sê die koning vir my: “Hoekom lyk jy so bedruk? Is jy dalk siek? Nie? Hartseer dan?”
Ek was baie bang, maar ek het vir die koning gesê: “Mag die koning baie lank lewe! Hoe sal ek dan nie bedruk lyk as die stad waar my voorvaders begrawe is, in puin lê en sy poorte verbrand is nie?”
Toe sê die koning vir my: “Is daar iets wat jy my wil vra?”
Ek het 'n skietgebed opgestuur na die God van die hemel

Om oor te gesels of dink:
Nehemia is diep geraak deur die pyn wat hy om hom sien en van gehoor het. Hy kon dit nie meer wegsteek nie. Dit het op sy gesig gewys, soveel so dat die koning hom daarna uitvra. Hy deel met die koning sy pyn, waarop die koning reageer met hoe hy kan help. Nehemia stuur ’n skietgebed op na God om te bid vir wysheid.
Hier is die enigste verwysing in die Bybel na ’n skietgebed. Dit is nie enigste gebed wat hy bid nie, maar in daardie oomblik vra hy vir wysheid.
Ons kan by Nehemia leer om ook skietgebede te doen, maar dit kan nie ons enigste manier van bid wees nie. Ons leer by Nehemia dat hy biddend leef.
Waaroor bid jy tans? Watter pyn ervaar jy?

Gebed
Here, ek weet nie altyd hoe om reg op te tree nie. Ek bid soos Nehemia vir wysheid. Mag ek vandag ’n verskil maak met die mense met wie ek in kontak is. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika