Matteus 2:13-18
_ 13Nadat hulle vertrek het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan Josef verskyn en gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte toe en bly daar totdat ek jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die Kindjie te soek en Hom dood te maak.” 14Josef het toe opgestaan en in die nag die Kindjie en sy moeder geneem en na Egipte toe vertrek 15en daar gebly tot die dood van Herodes. So is vervul wat die Here deur ‘n profeet gesê het: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep.” (Hos. 11:1)_
16Toe Herodes agterkom dat die sterrekykers hom in die steek gelaat het, het hy woedend geword. Hy stuur toe soldate en laat in Betlehem en die hele omgewing al die seuntjies van twee jaar en jonger doodmaak, ooreenkomstig die tyd wat hy noukeurig by die sterrekykers uitgevra het. 17Toe is die woord vervul wat die Here deur die profeet Jeremia gesê het: 18“’n Gekerm word op Rama gehoor, ‘n gehuil en groot gejammer: Ragel treur oor haar kinders en wil nie getroos word nie, omdat hulle nie meer daar is nie.”
Om oor te gesels of te dink:
Gebed:
Here, vandag is ek verwonderd oor hoe U die geskiedenis gebruik om my meer te leer van die tipe God wat U is. Dankie dat ek kan terugkyk en U raak sien.
Here, as ek terug kyk gee dit vir my hoop vir my hede. Ek ervaar vrede, want ek weet U is by my, U weet waarheen ek gaan en U is in beheer. Dankie dat ek altyd op U kan vertrou.
Here, met hierdie vrede wat ek nou beleef, weet ek my toekoms is ook in veilige hande. Dankie Here dat U my nooit alleen sal laat nie.
Amen.