Woensdag 29 Maart 2023

Handelinge 1:7-9
7Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. 8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” 9Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie.

rou VRAE:

  • Wat is die verskil tussen om alles van iemand te weet en hulle te ken? Van wie weet jy baie? Wie ken jy baie goed?
  • Is dit moontlik om baie van Jesus te weet, maar hom glad nie te ken nie? Wat is die resultaat hiervan? Hoe lyk mense wat van Jesus weet maar hom nie ken nie?
  • Wat weet jy alles van Jesus? Hoe ken jy vir Jesus? Wat is die verskil?
  • Sou jy sê jy ken vir Jesus werklik? Hoe reflekteer jou lewe dit?

rou OEFENING:

  • Wat is die verskil tussen iemand wat goed van jou weet, en iemand wat jou ken?
  • Hoe laat jy toe dat ander jou ken?
  • Kies iemand met wie jy iets van jou kan deel. Hoe laat dit jou voel as hulle jou op ‘n nuwe manier leer ken?

rou GEBED:
Here, ek het U totaal en al lief. Dankie dat U dit vir my moontlik maak om nie net van U te weet nie, maar om U ook te ken. Dankie Here dat U Heilige Gees met ons is. Here, wys ons hoe om met ander in kontak te kom en hulle werklik te ken. Here, help ons om deur hierdie diep “ken” ervaring U getuies te wees.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika