Woensdag, 30 Junie

Wees soos Jesus – Luister anders.

Lukas 11:28
28Maar Hy sê: “Nog meer bevoorreg is hulle wat die woord van God hoor en dit onderhou.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Jesus luister anders as die wêreld. Meeste mense van die wêreld hoor. Maar dit gaan by die een oor in en by die ander oor uit. Om te luister is ‘n aktiewe handelinge. Dit is ‘n doen woord. Dit is aksie. Om te luister beteken dat jy gehoorsaam is aan dit wat gevra is. Jesus het so geluister na Sy Vader dat Hy gehoorsaam was elke keer as Hy mense se harte aangeraak het. Jesus was gehoorsaam elke keer as Hy mense genees het. Jesus was gehoorsaam tot aan die kruis waar Hy vir mense gesterf het om God se plan uit te voer. Om anders te luister beteken om gehoorsaam te wees aan die stem van God.
  • Hoe luister jy? Of hoor jy net? Wat is die verskil vir jou? Hoe maklik of moeilik is dit vir jou om te luister? Hoe weet jy wanneer God vir jou vra om te luister? Hoe voel dit wanneer jy geluister het? Deel jou hart met die Here.
  • In ‘n wêreld waarin baie min mense hoor en nog minder mense luister, hoe voel dit om die enigste een te wees wat luister? Wat is vir jou die grootste uitdaging om te luister in die omgewing waar jy is? Hoe dink jy wil God hê jy moet ander help om ook te hoor, en selfs te begin luister? Deel jou gedagtes met die Here oor die wêreld wat nie luister nie.
  • Waar het jy Jesus se hulp nodig as dit kom by die manier waarop jy luister? Hoe wil jy hê moet Hy jou help sodat mense kan sien jy is meer soos Hy as dit hierby kom?

Gebed:
Here van my lewe,
Leer my vandag om meer soos Jesus te wees.
Ek vra dit met die wete dat ek op een of ander manier teen vanaand in hierdie taak gaan faal. Maar Here, ‘n lewe waarin dit die enigste doel is waarheen ek streef, is nie ‘n lewe wat gemors is nie.
Here Jesus, meer van U, en minder van myself.
Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika