Woensdag 30 Augustus 2023

Romeine 12:14, 20
Seën julle vervolgers; ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie. 20Maar: “As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink.

VRAE:

  • God vra dat ons vir die wat ons vervolg, seën en bid. Dit is baie moeilik om opreg vir iemand te bid en seën toe te wens en steeds met haat na hulle te kyk. Dit beteken dat ons buite ons gemaksone te klim en te kies met ons kop wat ons harte nog nie voel nie. Dit beteken dat ons God vra vir die wil, om hierdie mense te wil seën en liefhê.
  • Wie is die vyand wat jy moet seën en liefde moet bewys? Dalk voel jou man of vrou soos die vyand? Dalk voel ‘n vriend of vriendin soos die vyand? Dalk is dit ‘n kollega of baas? Vra nou vir die Here om jou hart teenoor hulle te verander. En vra dat die Here hulle in oorvloed seën.
  • Hoe kan jy hierdie vyand vandag dien en lief hê? Wat het jy van God nodig om dit te kan doen? Deel jou hart met die Here. Wat staan gewoonlik in die pad vir jou om hierdie mense lief te hê?

GEBED:
Here, gee asb. vir ons genoeg genade om die mense wat ons kwaad aandoen te seën en met liefde te behandel. Here, mag ons hierdie mense deur Jesus se oë raaksien? Here mag ons optrede vandag lei tot rekonsiliasie en versoening. Here, mag dit lei tot die opbou en uitbou van U koninkryk. 
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika