Matteus 18:21
_ Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?”_
Om oor te gesels of te dink:
- Petrus kom na Jesus met die vraag om te hoor wanneer is genoeg, genoeg. Hy wil weet wat is die antwoord vir wanneer hy met vrymoedigheid mense nou kan afskryf as hulle hom te veel kere te nagekom het. Wanneer kan jy sê, “Tot hier toe en nie verder nie”.
- Die Tweede probleem met Petrus se stelling. Hy probeer kyk wat die minimum is waarmee hy kan weg kom. Wanneer is hy steeds ‘n goeie volgeling van Jesus en hoef hy nie meer die harde werk van vergifnis te doen nie. Jesus se antwoord is ‘n moeilike waarheid. Daar is geen punt waar dit genoeg is nie. ‘n Volgeling van Jesus hou aan vergewe omdat hulle vrygewig is met hulle vergifnis. Daar is nie ‘n minimum nie.
- Net soos met ons geld, goed, talente, is daar nie ‘n minimum wat ek MOET gee, voor ek nou vrygespreek is om aan te hou gee nie. Vergifnis hou aan oorloop vanuit die Here se hand, daarom moet ons Sy voorbeeld volg.
- Het jy al gevoel dat jy genoeg kere vergewe het? Het jy al genoeg gehad van mense wat aanhou om jou te misbruik? Wat leef in jou hart as jy hieroor nadink? Deel dit met die Here.
- Onthou. Ons kan aanhou vergewe. Maar ons kan ook goeie grense stel, wat mense nie toelaat om aan te hou om ons te na te kom nie. Ons kan die oortreder vergewe wil hulle dade. En ons kan ophou om hulle toegang te gee tot ons hart/lewe. Jesus spreek dit nie goed wat die persoon doen nie. Slegs dat ons die vergifnis moet gee. Vergifnis maak ons vry, dit keer nie goed wat die oortreding was nie. Wat is jou gedagtes in hierdie verband?
Gebed:
Here, U weet hoe seer dit maak as mense aanhou om my te na te kom. Here, dit maak seer. En ek wil hulle afskryf en nie meer vergewe nie. Here, help my met die wil, om te wil vergewe. Here, help my om vry en in vrede te lewe. Here, help my om vergifnis meer vrygewig te gee, soos U dit ook vir ons gee.
Amen.