Woensdag 6 September 2023

Matteus 11:28-30

29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed.

Sien jy dat Jesus vir ons ’n rede gee waarom ons Sy juk op ons moet neem en van Hom moet leer?
Jesus word slegs een ander keer as “sagmoedig” beskryf in die hele Nuwe Testament, en dit is in ’n aanhaling vanuit Sagaria in Matteus 21:5. Dit is ook die enigste keer wat Jesus as “nederig” beskryf word in die Nuwe Testament. Kyk mooi, Jesus sê dit van Homself! Hy wil hê Sy luisteraars (dit is ek en jy ook) moet weet wie hulle volg, en wat om te verwag van die een wat hulle volg.

Die Fariseërs daarteenoor was trots, lief vir ereplekke en spesiale titels en mal daaroor dat hulle mag oor mense kon uitoefen deur hulle interpretasie van die wet.

Beide Jesus en die Fariseërs het ’n interpretasie van die wet gehad. Jesus s’n het gelei na ’n nuwe hart, groter liefde vir almal en ’n lewe wat lyk soos die karakter wat Jesus van Homself in die gedeelte beskryf, sagmoedig en nederig.
Die Fariseërs se interpretasie het gelei na frustrasie, mismoedigheid en ’n gevoel van mislukking, want dit was bloot net te moeilik om die wet “soos hulle” na te kom.

Wanneer Jesus sê “julle sal rus kry” praat Hy met die woorde van Sy Vader in Jeremia 6:16, toe die mense van God ook moes kies wie hulle wil volg.

  • Ken jy vir Jesus as nederig?
  • Ken jy vir Jesus as sagmoedig?
  • Hoe beīnvloed dit jou lewe as een van Sy volgelinge?

’n Eenvoudige gebed vir jou dag:
Here Jesus, ek wil van U leer, want ek glo U is sgamoedig en nederig van hart.

“There is no room for God in him who is full of himself.” Martin Buber

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika