Woensdag 8 Februarie 2023

Matteus 6:9-13
So moet julle bid: “Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.

Om oor te gesels en te dink
Die Here voorsien vir elke dag. Soos wat Hy in die Ou Testament manna en kwartels gegee het, so leer Jesus ons om Hom te vertrou met ons behoeftes.
Wanneer Jesus ons in die Onse Vader leer bid, sê Hy dat ons moet vra vir vandag se daaglikse brood. Wat uitstaan is “vandag” en “daaglikse brood.”
Ons word so maklik meegesleur oor wat ons nie het nie of nog nie het nie, dat ons vandag mis. Ons moet fokus op wat hierdie dag inhou.
Ons kry genoeg vir vandag. Dit is ons daaglikse brood.

  • Bid jy nog gereeld vir jou daaglikse brood?
  • Wat sal jy vandag vir die Here wil vra wat jy vandag nodig het?

Gebed
Here, ek raak soms so besig dat ek nie bid vir my daaglikse brood nie. Ek vra nou vir vandag vir my daaglikse brood. Dankie dat U altyd voorsien. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika