Woensdag 7 Junie 2023

Eksodus 40:34-38
’n Wolk het die tent van ontmoeting oordek, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul. Moses kon nie in die tent van ontmoeting inkom nie: die wolk was daarin, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul. Later het dit so gegaan: wanneer die wolk van die tabernakel af voor die Israeliete uit wegtrek, het hulle agter die wolk aan versit. As die wolk nie weggetrek het nie, het hulle daar gebly totdat dit wel weggetrek het. Die wolk van die Here was bedags ‘n wolk oor die tabernakel en snags het dit ‘n vuur daarbo-oor geword. So het die hele Israel dit ervaar elke keer as hulle versit.

Om oor te gesels en te dink
Die volk het die sigbare teenwoordigheid elke dag beleef. God se teenwoordigheid word met ’n wolk beskryf. Bedags was dit ’n wolk wat skadu gegee het en snags wat dit ’n vuurwolk wat lig gegee het. Dit het die volk gehelp om te weet dat die Here by hulle is. Ons sal partykeer wat wil gee om vandag dit ook te kan beleef. Die Goeie Nuus is dat die Here steeds by ons is en dat ons Hom kan aanbid.

  • Hoe voel jy om te weet dat die Here by jou is?
  • Wat sou jy graag vir die Here wil sê?
  • Wat herinner jou aan God se teenwoordigheid?

Gebed
Here, dankie dat U by my teenwoordig is. Help my om U raak te sien in dit wat ek vandag doen. Ek dra hierdie dag aan U op. Amen.

Nog om na te kyk

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram