Psalm 128
“'n Pelgrimslied. Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien en sy wil doen. Die vrug van jou arbeid sal jy geniet, gelukkig en voorspoedig sal jy wees.” Psalm 128:1-2 AFR83
Om oor te dink en gesels
- Vandag se Psalm fokus op gehoorsaamheid om die Here se wil te doen. Wanneer ons so leef, kan ons die vrug van ons arbeid geniet.
- Dit het ook ‘n impak op ons verhoudings met ons familie en kinders.
- Die Psalm vra die Here se seën om Sy goedheid te ervaar.
- Partymaal is ons sku om die Here te vra vir Sy seën op ons werk en verhoudings. Vra die Here om jou vandag daar waar jy is te seën, sodat jy ’n seën vir ander kan wees.
- Mag jy God se vrede wat alle verstand te bowe gaan ervaar.
Gebed
Here, dankie vir U ryklike seën elke dag. Mag ek vandag in my werk en verhoudings U teenwoordigheid beleef. Ek vandag vir iemand om my tot seën wees. Amen.