Job 3:24-26
“Ek kan nie eet van die pyn nie,
ek kan nie ophou kreun nie.
Wat ek gevrees het, het oor my gekom;
waarvoor ek bang was, het my getref.
Ek het geen rus en geen vrede nie,
geen verposing nie, net angs.”
Om oor te gesels en dink:
Ons word uitgedaag om te bekeer, of te wel weg te draai, van 'n lewenstyl wat nie op God se Koninkryk fokus nie. Hierdie week staan ons stil by God se Koninkryk wat 'n koninrkyk van vrede vir alle mense is. Gister het ons, ons self afgeva wat ons rol is om vrede op aarde sigbaar te maak.
Maar wat as ek nie tans vrede in my lewe ervaar nie? Of selfs angstig is? Dalk wil jy vanoggend net saam met Job bid en vir die Here sê hoe dit regtig met jou gaan.
Neem 'n oomblik van stilte.
Ons lees in die teksvers hoe Job eerlik teenoor God probeer verwoord hoe hy voel. Selfs moontlik gevoel het dat God vêr is of nie verstaan nie. Mag die dagstukkies hierdie week oor God se Koninkryk van Vrede jou herinner dat jy ook daarna mag smag in jou lewe en dat dit deel van God se droom vir ons is.
Gebed
Laat ons in U vryheid gaan rus,
om ten volle U s’n te wees,
en, ook só, onsself ten volle te kan vertrou.
Gedeelte uit Prayers for a Privileged People, Walter Brueggemann, vertaal.