Woensdag 8 Maart 2023

Johannes 10:10-11
‘n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. “Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.

rou VRAE:

  • Jesus het gekom sodat ons nie net hoef te oorleef nie, maar die lewe kan hê in oorvloed. Dit beteken dat ons kan asemhaal en selfs waag om onsself te wees.
  • Hoe sou ’n lewe in oorvloed lyk?
  • Wat steel die vyand by jou? Hoe kan jy ophou om toe te laat dat die vyand dit by jou neem?
  • Wat gee die goeie herder vandag vir jou?

rou OEFENING:

  • Hoe fokus jy op die positiewe in ’n wêreld wat vol is van dinge wat ons vrees, mense wat ons nie tevrede kan hou nie, kinders wat sterf en ouers wat nie verander nie?
  • Aan watter waarhede kan jy vandag vashou? (Die Here is goed. God is liefde. Ek is nie alleen nie. Ens.)

rou GEBED:
Here, wie moet ek word, in hierdie wêreld wat ons het en die mense wat ons is (heilig, onvolmaak, slordig, vreugdevol, geïrriteerd, moeg, gelief, gekies). Here, begin vandag met ons. Laat ons mense wees wat mekaar aanraak met ons gebrokenheid, die dinge wat ons net aan ons vriende erken, met die mense wat moeilik is om voor lief te wees. Begin met ons. Amen

Nog om na te kyk

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram