Woensdag 8 November 2023

Matteus 14:24-27
Die skuit was reeds ‘n paar kilometer van die kus af en is deur die golwe geteister, want die wind was van voor. Met dagbreek die volgende môre het Hy op die see na hulle toe aangeloop gekom. Toe sy dissipels Hom op die see sien loop, het hulle groot geskrik en gesê: “Dis ‘n spook!” Van angs het hulle hard begin skreeu. Maar Jesus het dadelik met hulle gepraat en gesê: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.”

Om oor te gesels en te dink
Jesus loop op die water na Sy dissipels toe. Hulle erken Hom nie en vermoed dat Hy ’n spook is of selfs iemand uit die bose onderwêreld. Angs oorval hulle en hulle skreeu. Jesus stel hulle dadelik gerus met die woorde: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.”
Hierdie woorde van Jesus moet ons ook vandag hoor. Ons herken Jesus nie altyd in ons situasies nie. Ons misgis Hom as spook, of dink dat dit moontlik kan wees, dat Hy by ons is nie. Ons mis dat Jesus by ons is. Daarom as Jesus praat en sy dissipels gerus stel, hoef hulle nie meer bang te wees nie.
Jy kan ook weet dat Jesus vandag by jou is en vir jou dieselfde sê: “Wees rustig, dit is Ek. Moenie bang wees nie.

Gebed
Here Jesus, ek sien U nie altyd raak nie. Mag ek vandag rustig wees en weet dat U hier by my is en dat ek nie hoef bang te wees nie. Amen.


Nog om na te kyk

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram