Woensdag 9 Desember

Matteus 24:42-44

42Bly dus waaksaam, omdat julle nie weet watter dag julle Here kom nie. 43“Onthou dit: as die huiseienaar geweet het watter tyd van die nag die dief kom, sou hy wag gehou het en nie toegelaat het dat daar in sy huis ingebreek word nie. 44Om dieselfde rede moet julle ook altyd gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.”

En Hebreërs 10:23-25

23Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het. 24Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. 25Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.

Om oor te gesels:

Mense vir duisende jare gewag vir Jesus se koms. Nou wag mense vir duisende jare vir Jesus se tweede koms.

– Wat hoor jy as jy die tekste lees? Wat staan vir jou uit?

– Hoe lyk dit om te wag? Kan jy aan verskillende maniere dink waarop mense wag? Hoe het die sterrekykers gewag vir Jesus se koms? Hoe was hulle voorbereid?

– Hoe dink jy wil Jesus hê jy moet leef tot hy weer kom?

Prakties

Beplan om die naweek iets te doen wat julle as gesin baie geniet. Of dit fliek kyk, nagereg eet, bordspeletjies speel piekniek of partytjie is. Herinner mekaar die heeldag daaraan. Stuur boodskappe. Bel. Wys prentjies daarvan. Praat dan tydens ete hoe dit voel om heeldag herinner te word aan dit at lekker is, maar waarvoor julle moet wag. Julle kan die hele week julle verwagting van wat die naweek kom aanmoedig! Sien hoe lekker dit dan die naweek gaan wees!

Gebed:

Here van my lewe,

Vergewe asb my twyfel, my bekommernisse en vrese.

Vergewe my vir my ongeduld terwyl ek hier wag.

Vergewe my dat ek die storie wat U vir my lewe geskryf het bevraagteken.

Ek glo, help my in my ongeloof.

Help my om te onthou dat dit goed is om op U te wag.

Gee asb vir my die vreugde wat daarvan kom om U te ken.

Vul my hart met goeie nuus blydskap.

Amen

Nog om na te kyk

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram