Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
“Toe het Maria ‘n halfliter egte, baie duur nardusolie gebring en dit op Jesus se voete uitgegiet en sy voete met haar hare afgedroog. Die hele huis is deurtrek met die geur van die reukolie.” (Joh 12:3)
Identifiseer:
Jesus gaan na Betanië en eet saam met Lasarus, Marta, Maria en sy dissipels. Maria salf Jesus met baie duur olie. Sy giet dit op sy voete uit en droog dit met haar hare af. Dit was die hoogste vorm van eer wat sy aan Jesus bring. Jesus sien dit raak en sê dat almal nog van haar sal praat.
Oriënteer:
Dit wil voel om Maria mors, want die olie het die waarde van ‘n jaar se inkomste. Maar as jy dit wat jy het op Jesus uitgiet, mors jy nie. Al dink ander dat jy mors, seën die Here vir Maria. Maria het in Jesus vasgeloop en haar lewe was nooit weer dieselfde. Sy het vrygewig begin lewe.
Bely:
Ons sukkel soms om soos Maria vrygewig te wees en dit vir die Here te gee. Ons kom bely dat dit nodig is dat ons leer om met ‘n oop hand en hart te leef. Soos Maria die olie deel, moet ons wat ons het ook deel met ander om ons.
Bid:
Here, help my om meer morsig te wees met U liefde. Maak my meer vrygewig dat ander U liefde raak sien. Amen.