RAAK BETROKKE IN DIE GEMEENSKAP

OOR LEEF

LEEF is ‘n beweging wat die sosiale behoeftes in ons direkte en nabye leefwêreld aanspreek.
Behoeftes word op die beginsel van Bate gebaseerde Gemeenskapsontwikkeling aangespreek. Meer bekend in Engels as ABCD (Asset Based Community Development).

Hierdie benadering identifiseer die waarde, vaardighede, raakpunte en potensiaal in ‘n gemeenskap. Dit beklemtoon die balans tussen die aanspreek van behoeftes en die ontwikkeling van menslike bates en natuurlike hulpbronne binne ‘n gemeenskap. Individue, instansies en maatskappye word dan gemobiliseer vir hierdie taak.
Hoe doen ons dit?

Van tyd tot tyd bied LEEF werkswinkels in en om die gemeenskap aan om hierdie bates en hulpbronne te identifiseer, en enige iemand is welkom om hierdie werkswinkels by te woon. Ons het ‘n databasis van die persone wat die werkswinkels bywoon en wanneer daar projekte geloots word, gebruik ons dit om hande en voete aan die projekte te gee.

Projekte kan óf deur LEEF óf deur persone uit die gemeenskap geïnisieer word, en as jy ‘n voorstel het, nooi ons jou om vir meer inligting met ons by leefprojekte@pvr.co.za kontak te maak. Ons hoor graag van jou!
LEEF is ‘n groep entoesiastiese vrywilligers met ‘n roeping, visie en missie om ‘n positiewe verskil in die gemeenskap te maak. Die Uitvoerende Komitee bestaan uit ...
Karel Verhoef
LEEF Leier
Ek is n Pretorianer in murg en been…behalwe vir die 3 jaar wat ek in die Kaap verder studeer het, en teruggetrek het nadat al my hare weggewaai het! Ek het getrou met n plattelandse nooi Jonellda Pienaar, en twee kinders het ontspruit. Deur die jare het ek my in n paar vakgebiede instudeer: Teologie, Sielkunde, Opvoedkunde, Bestuur en Mediakunde...

Lees meer...

As geïntegreerde persoon benader ek die lewe dus nie vanuit n enkele oogpunt nie, maar n diversiteit van denkrigtings. Ek is nie n toeskouer nie…waar ek gaan probeer ek impak maak, dinge verander tot die beter, en om die lewe n beter plek vir my medemens te maak. Resultate is waarop ek fokus, en n doellose rondsit en tydmors tydens vergaderings haat ek soos pes!

Die afgelope 24 jaar is ek baie bedrywig as pa, eggenoot, bestuursposisies by Radiokansel, asook tentmakerleraar by Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie. My passie is musiek, hetsy alleen of in n groep. Klavier is my hoofinstrument, maar ek poog hard om viool, kontrabas en n paar ander instrumente op datum te hou. Ek is n groot sosialiseerder en geniet kuiers met familie en vriende geweldig!

Dan is ek ook baie lief daarvoor om te eet! Soetgoed kan ek nie weerstaan nie, en enige iets met kaas oor is n feesmaal! Maar indien jy ons vriendskap wil beïndig, gee my beet, afval of rooiwyn!
Lizel Ferreira (Admin)
Admin
Ek is lief vir die eenvoudige dinge in die lewe; dus ‘n mooi blommetuin, lang ente op die strand stap, hartsvriende en mooi musiek eerder as goud en silwer.

Diere, kinders en oumense het ‘n sagte plekkie in my hart!
Ek is getroud met ‘n wonderlike man en ons het twee pragtige, volwasse kinders op wie ons baie trots is.

Na negentien jaar van onderwyser wees in Natal, geniet ek dit nou baie om saam met LEEF ‘n verskil in ons gemeenskap te maak.
Deon Nel
Uit Namibië se suide
Was my begin geluide
Die rooi kalahari sand
Laat nog my hart warm brand

In Pretoria het ek kom werk & kerk...

Lees meer...

En voor ek weet.. n vrou opgemerk
stap, kamp & fietsry
Is my lekkerkry

Coach & konsulteer met mense
Verbreed elke dag my grense
Dit maak my beursie raas
Geld vir die vrou & kinders om te blaas

My oë is gedurig voor die rekenaar & boeke
Alewig aan die soeke
Vir nuwe waarheid & wysheid
In die mensheid

In God se Gees wat op aarde woon
Probeer ek my eie lewe vertoon
Ek kan elke dag n stukkie verder groei
Hoe meer ek met Hom stoei en Hy Hom met my vermoei.
Amanda Smit
Gebore in die Oos-Kaap; het ek gaan draai in Namibië, Kaapstad, graad gevang op Stellenbosch en opgeëindig in Pretoria waar ek begin werk het. Ook in Pretoria vir Koos ontmoet, 35 jaar getroud en Ma van 2 Kinders (2 bygekry) en die ouma van die pragtigste 4 kleinkinders wat ouma se hart stewig vashou.

Lees meer...

Ek het 'n wonderlike loopbaan as 'n offisier in die vloot gehad en daarna het my paaie gelei na my eie gemeente waar ek in 2006 begin werk het en my passie kon begin uitleef, die plek waarnatoe my Here my gelei het om 'n verskil in mense te lewens te maak.

Ek het ook die voorreg om 'n verhouding met Jesus te hê. Mense en die omgee vir mense, laat my hart warm klop. Mense het almal basiese behoeftes om hulle aan die gang te hou en daarom leef ek die volgende teenoor mense uit : Live Simply! Love generously! Speak kindly! Care deeply!
Johannes Erasmus
Ek is ‘n pa van twee seuns en ons is mal oor die natuur en die see.
Ek hou daarvan om kreatief te wees, buite die boks te dink en goed te bou wat ook die rede is waarom ek my werk baie geniet.

Ek het by LEEF betrokke geraak want ek voel en glo dat dit ons hemelse Vader se wil is dat ons vir mekaar moet lewe en ek dink dat LEEF ‘n groot bydrae kan maak in ons gemeente en gemeenskap in die manier hoe ons mekaar help.
Christa Janse van Rensburg
As die blonde in die span, hoor ek gereeld paar potlood grappies, en ek probeer eintlik ook maar altyd dinge lig hou, alhoewel blonde humor nie vir almal snaaks is nie glo ek mens moet so af en toe vir jouself kan lag! Ek is mal oor uitdagings en nuwe avonture aanpak. My bucket list vir avonture en plekke wat ek wil sien is geskryf vir tot in my derde nageslag... om my eie land te verken is vir my soos Forest Gump se box of chocolates, you never know what you're going to get.

Lees meer...

Gunsteling plekke waar ek al was sluit in Kgalagadi, Kruger, Etosha, Mapungubwe en oorsee Kroasië en Mauritius. Ek is mal oor ons natuurskoon, kamp en kos maak op 'n oop vuur ek spog nie verniet met name soos Johanna Christina nie...
Is ek bang? Ja, vir baie goed maar ek sal nooit so sê nie. Ek is 'n properse Jack(y) of all trades and master of none. Ek het al van mynswigtings gemeet tot 'n kernkrag reaktor help beplan, ek sal doen wat gedoen moet word, al is dit nou gate grawe. Tans, behalwe vir ad hoc jobbies, is ek in my regte werk 'n lewensafrigter.

Ek het een man en twee pragtige dogters met wonderlike talente waarvan een sing is, ek is mal oor musiek, tokkel self bietjie kitaar om 'n vuurtjie vir die wat wil luister. Ek het ook 'n Kalahari self-rescue wat as Pharoah Hound klassifiseer, wat ek vir 4 dae lank uit die Kalahari duine moes lok, ongelooflike persoonlikheid, lang storie vir 'n ander dag se kuier as ons mekaar in die oge kyk en bly-te-kennes deel.

Behalwe vir Jesus is my gunsteling karakter in die Bybel Johannes die Doper, dit moet seker die heuning en sprinkane in die woestyn vibe wees. Ek dink hy was die perfekte voorbeeld van hoe 'n Christen en volgeling van Jesus se gesindheid moet wees. Hy was so nederig toe hy Jesus moes doop, leeg van homself, nie waardig om Jesus te doop nie maar gehoorsaam om tog die wil van God te doen. Vir my die mooiste voorbeeld van leierskap, padmaker deur die woestyn vir Jesus. Jesus was heeltyd sy fokus. Beslis navolgenswaardig! Johannes se egtheid of "authenticity" staan vir my uit en is vir my 'n mooi en belangrike eienskap wat ek graag in ander ook raaksien. Onbekend:" Authenticity requires vulnerability, transparency & integrity."

By LEEF, saam met die span padmakers, sal ek graag ook hierdie roeping van diensbaarheid wil uitleef. Mag ons paaie kruis.

"... If you can't be the poet, be the poem ..." -David Karradine
Alex Flemming
Ek het grootgeword in die Noord-Kaap, Warrenton, en het argitektuur in Bloemfontein studeer, waar ek my vrou Teresa ontmoet het. Ons is al 5 jaar getroud en is al 7 jaar in Pretoria. Ek geniet die natuur, jag, vlieghengel, golf en om te kajak. In al hierdie dinge vind ek rus in God. Ek geniet dit regtig om alle aspekte van ontwerp te ondersoek en om te sien hoe God se hand in alles is...

Lees meer...

Ek geniet my beroep, om ruimtes te skep en te bou om ons wêreld en mense se lewens te verbeter.
Ek hou ook daarvan om met my hande te werk, veral leerwerk. God het soveel seëninge en materiaal aan ons gegee, en as ons dit op die regte manier gebruik, bring dit ons nader aan Hom en eer aan Hom. Ek is so lief vir God drie-enig.

Ek het my lewe op 'n jong ouderdom aan Jesus oorgegee. So lank as wat ek onthou, het ek die Here liefgehad, maar ek het Hom eers die afgelope paar jaar beter leer ken, en gevoel dat ek Hom meer en meer wil dien in alles wat ek doen terwyl ek ander dien en help. Daarom het ek by LEEF aangesluit, want die belangrikste doel van die mens is om God te verheerlik, en om Hom tot in ewigheid te geniet.

HULP

Maak asb. ‘n keuse uit een van die opsies in die valvouer of laat ‘n boodskap in die spasie onder “Ander”.

PROJEKTE

Hierdie is projekte uit die gemeenskap vir die gemeenskap.

Groentetonnels

By die groentetonnels word vars groente verbou. Hierdie groente word vars in kospakkies verpak en ook in ingelegde vorm in nie-bederfbare kospakkies versprei. Vars groente word ook gereeld aan versorgingstehuise geskenk.

Vir meer inligting, of as jy betrokke wil raak, kontak ons by leefprojekte@pvr.co.za

Versorgingspan

Hierdie span vrywilligers maak kontak met persone wat ‘n operasie ondergaan het of wat siek is, om te hoor of hulle enige hulp nodig het, veral ook persone wat onder kwarantyn is a.g.v. Covid-19.
 
Vir meer inligting, of as jy betrokke wil raak, kontak ons by leefprojekte@pvr.co.za
Indien jy sou belangstel om by LEEF betrokke te raak, hoor ons graag van jou.
Vul asb. jou besonderhede hieronder in
By LEEF glo ons dat geld nie die enigste hulpmiddel is wat aangewend kan word om ‘n verskil te maak nie. Ons maak graag gebruik van kop-, hand- en hart vaardighede om in ons gemeenskap diensbaar te wees.

Ons het ‘n databasis van vrywilligers en hulle vaardighede wat ons gebruik wanneer ons mense vir projekte benodig.

  • Kopvaardigheid: Bv. beplanning, organisasie, kreatiewe denke, logiese redenasie, bestuur ens.
  • Hartvaardigheid: Bv. berading, versorging, empatie ens.
  • Handvaardigheid: Enige vaardigheid wat met jou hande beoefen word.

Indien jy jou naam en vaardigheid by die LEEF databasis wil voeg, kan jy ons gerus kontak by leefprojekte@pvr.co.za

HET WERK

Laai werksgeleentheid

Het jy werk? Stuur asb. die besonderhede na ons:

Middag toesighouer by kleuterskool

Vereistes:
Ons het n middag toesighouer pos beskikbaar by kleuterskool in Monumentpark
Indien julle van n kandidaat weet wat ervaring met kinders het
Geskikte ouderdom 35 – 55
aansoek kan via epos gestuur word
Sluitings datum:
2022/03/31

Admin dame

Vereistes:

Gemaklik wees met administrasie en navrae hantering, goeie klientediens / mense verhoudinge, eie rekenaar en epos, selfdisipline vir werk vanaf die huis, eerlikheid, Afrikaans & Engels.
Kontak: Heloise Strauss @ 0828973194, heloises@mweb.co.za

Sluitings datum:
2022-03-31

SOEK WERK

EK SOEK WERK

Soek jy werk? Stuur gerus jou CV hieronder aan ons:
Alle informasie sal konfedensieël hanteer word.

Indien u nie 'n CV het nie, gebruik ons templaat:

Admin and Finance

About Me / Skills Summary

I am a patient yet firm, outcome-orientated team player, but also function well under pressure with solo tasks. With over 25 years’ experience in Small and Medium Enterprises, I am confident in my ability to immediately add value to any company / organization in need of accounting and bookkeeping services and general HR management. My customer service skills are second-to-none as I take pride in interacting with clients, whether it be answering the phone, greeting visitors, or assisting individuals at the front counter. Although majority of my work experience has been in the bookkeeping / admin arena, I have a passion for woodwork, crafts and restoring vintage furniture. In my free time you can catch my working out at my local martial arts and fitness academy or designing and constructing a custom headboard for a friend.

EDUCATION

National Senior Certificate – 1986

Frans du Toit High School, Phalaborwa, Limpopo
Subjects: English, Afrikaans, Mathematics, Science, Biology, History

Diploma: Basic Bookkeeping–September 2000

Damelin HET – with Distinction

Diploma: Practical Accounting – November2000

Damelin HET – with Distinction

Diploma: Taxation for Individuals – June 2005

University of Pretoria

CPD Short Courses for SAIT and other
Accounting Membership Bodies

VAT Masterclass

The Changing Landscape of the Practitioner

Companies Act & Close Corporations

Various seminars as part of Continuing Professional Development with SAIT membership

COMPUTER LITERACY

Bookkeeping Application Experience

Pastel: (Trained staff and clients);Quick Books: (Trained staff and clients);
Caseware; Turbo Cash; Pastel Payroll; Quick Payroll.

Microsoft Office

Proficient in daily use of Microsoft Office Word, Excel and Outlook.

WORK EXPERIENCE

Bookkeeping and General Office Admin

Admin/Receptionist

I am a young self motivated lady. I’m not afraid of a challenge because it brings out the best in me since I get to learn. I’m ambitious, bubbly and creative. I’ve done sales, admin and been a cashier before.
I’m available immediately

Financial Service

Snapshot of me…

Sex: Female
Nationality: South African
Age: 55 years old
General Health: Excellent

My hobbies are yoga, crafts, reading for self-development and the enjoyment
of good foods. My attributes are; good listener with an analytical thinking
style and overall people person. A successful day in my eyes is over and
above being successful in my own tasks, to contribute to someone’s
happiness, knowledge and success.

Qualifications:

Diploma: CIS Management

The Southern African Institute of Chartered Secretaries and Administrators
University of South Africa (Unisa) (2001)


Psychology I, II & III
Institution: University of South Africa (Unisa) (1992)


Degree: Bachelor of Arts (B.A.)
Institution: University of the Free State (1988)

Experience…

Credit Controller

Financial Administrator

High level liaison and consultation with business bankers, customers and suppliers relating to financial matters.

Etc.

 

Aviation Turner and Machinist

I have been working for 30 years in the Machine shop at SAA Technical.
For 26 of the 30 years, I have worked on a conventional milling machine that involved the repair and manufacturing of aircraft parts.

 

Procurement Officer & Estimator

Organized, self-motivated and adoptable

I am young energetic go-getter. I enjoy helping people get what the need and require so that they will be able to finish the task at hand. Problem solving is one of my many skills, as my current industry you are required to always have a backup plan. I am very friendly person who do not mind working om my own or in teams.

1. Full graduate NQF4 Short Term Personal Lines

Studied via Integrity Academy

03 December 2021- 05 February 2022

CDP 7.5 HOURS, POINTS ALLOCATED

2. The Culinary Academy (Known now as The Hurst Campus) 2011-2013

I got my International Grading as Chef Diploma.

All qualification certificates available on request.

Draaier en Masjienis

Ek het amper 31 jaar by SAL Tegnies gewerk en is laas jaar afbetaal.
Ek het in ‘n Masjien werkswinkel gewerk en het die afgelope 26 jaar op ‘n Milling masjien gewerk , waar ek onderdele gemaak en onderhou het.
Ek is eerlik , lojaal en stiptelik.

Administrasie/Logistiek

Ek is tans opsoek na n geleentheid in administrasie en logistiek. Ek het 6 jaar administratiewe ondervinding asook 5 jaar ondervinding in materiaal beplanning (invoer van rou materiaal ens.)

Ek is onmiddelik beskikbaar.

Welder / Milling Technician / Cash in Transit

Qualification: Matric certificate

Reference:  Excellent

Key Strengths

  • Able to work under pressure and meeting deadlines.
  • Good time management.
  • Hard working, loyal, honest and reliable.
  • Confidentiality
  • Good communication skills
  • Good problem solving skills
  • Fast learner
  • Professional
Administration, Client Services and Sales

Female applicant with previous experience in admin, sales and client service.

  • Computer Proficient (Microsoft Office, Pastel, Impact, Pilot, SAP, GoodX
  • Fully Bilingual in English and Afrikaans
  • Excellent verbal and written communication in English and Afrikaans

Available to commence duties immediately.

Boilermaker and Fitter

Boilermaker and fitter

Logistics
  • Collecting & Serve documents.
  • Organizing packages and documents.
  • Checking with the home office to report and confirm successful deliveries and check on new assigned delivery orders.
  • Keeping accurate logs or records for verifications of ordered deliveries.
  • Completing required paperwork with accuracy and attention to detail in a timely manner.
  • Looking after company’s vehicles.
Administration and Warehouses Management
  • All aspects of warehousing from picking to junior management,
  • all internal purchasing for warehousing,
  • worked in project teams.
  • Capturing of all 8ta requests for material.
  • Receiving and shipping of telephone cards country-wide.
  • Receiving of orders, processing of the orders, transport, agreement, queries, monthly reports,
  • receiving of payments and banking thereof,
  • all functions of exports.
Production Management
  • Specializing in team management.
  • Day-to-day business management and planning.
  • Strong background in Project Management, logistics, warehousing, customer relations, system creations, and HR.
Welding Assistant and Security
  • Welding
  • Experience in Security

 

Administrative Management
  • Liaison with staff and customers.
  • Data assessment and follow-up.
  • Organizing staff
Broadcasting and Media
  • Market research in consumer profiling and behavioral patterns.
  • Finance & Sales Co-ordination
  • Operational Management
Operations and Relationship Manager
  • Analyzing financial reports
  • Stock control
  • People management
  • Logistics management
  • Risk management
  • Relating and networking
  • Persuading and influencing
  • Presentation’s skills
  • Entrepreneurial and commercial thinking
  • Planning and organization.
Caretaker

Assistant looking after children and assist with homework.

Sister assistant for Alzheimer’s and Dementia patients.

Aministrative Assistant

Converting work orders into invoices and providing quality assurance by verifying all
information.
Responsible for managing inventory tracking by procurement of raw materials and all
outgoing orders.
Coordination of deliveries and returns of merchandise from customers with carriers.
Providing administrative/secretarial support (typing, faxing, filing, answering phones)

Supply Chain Management

Project management, planning and execution.

WORD DEEL

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram