Wie kan adverteer?
Die besigheid kan buite Pierre van Ryneveld geleë wees, maar dan moet die adverteerder in PvR woon. Adverteerder kan buite PvR woon, maar dan moet die besigheid in PvR wees.
Dus word die gemeenskap van PvR bedien.
LEEF wil graag die persone in ons geloofsfamilie wat tussen werke is, help om weer werk te kry deur ‘n databasis van werkgewers en werksoekers, te bou. CV’s en werksaanbiedinge kan aan LEEF admin gestuur word, wat hiervan rekord sal hou en die werkgewers by die werksoekers sal uitbring.
‘n Inligtingsblaadjie van werk wat aangebied word, en werksoekers se vaardighede sal weekliks anoniem in die gemeente se e-nuus gepubliseer word. Werksgeleenthede word op die Facebookblad van Jakob se Put geadverteer, maar werksoekers kan ongelukkig nie hier adverteer nie.
Geskikte CV-template is ook op versoek by LEEF admin beskikbaar.
Ons het ‘n databasis van vrywilligers en hulle vaardighede wat ons gebruik wanneer ons mense vir projekte benodig.
Indien jy jou naam en vaardigheid by die LEEF databasis wil voeg, kan jy ons gerus kontak by leefprojekte@pvr.co.za